Topanga 35

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Topanga 35 is in Uvongo aan KwaZulu-Natal se Suidkus geleë en bied gehalte-vakansieverblyf wat ideaal is vir 'n klein gesin of groep vriende. Dié kompleks is net 200 m van die naaste swemstrand af.

Dié woonstel beskik oor 2 slaapkamers en is op die eerste verdieping met pragtige uitsigte oor die Indiese Oseaan.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Dié kamer het ook 'n skuifdeur wat lei na 'n balkon. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en ook 'n badkamer. Elke slaapkamer het 'n plafonwaaier.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg en sluit 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, wasmasjien en tuimeldroër in. Die sitkamer het gemaklike leerrusbanke, 'n platskerm-TV met volledige DStv en 'n groot glasdeur met toegang tot die balkon.

Die balkon bied pragtige uitsigte op die 2 gemeenskaplike swembaddens, asook oor die pragtige tuin. Daar is stoepmeubels en gasbraaigeriewe beskikbaar.

Topanga is 'n sekuriteitskompleks met 'n elektriese heining en toegangbeheerhekke. Gaste het toegang tot veilige onderdakparkeerplek.

Die woonstel is naby winkels, restaurante en besienswaardighede. Doendinge in die omgewing sluit visvang, diepsee-visvang, skubaduik, snorkel en perdry op die strand in. Uvongo is ongeveer 45 km vanaf die Sun International Wild Coast Sun met die gewilde Wild Waters Waterpark, Oribi Gorge, Lake Eland, Beaver Creek Koffieplaas en verskeie voetslaanroetes.

Slaapplek

'n Bespreking by Topanga 35 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Topanga 35 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R575 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za