Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.
Ekstra Fooie
Buiten die tariewe in die bostaande tabel hef die eiendom ook 'n eenmalige:
- Skoonmaakfooi van R700.00 per bespreking
Prys sluit in
- Selfsorg
Breekskadedeposito
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R500 moet direk aan die eiendom betaal word.
Huisreëls
Dit is 'n nierook-eenheid, maar gaste kan op die balkon rook weg van oop deure en vensters af.
Harde geraas word nie toegelaat nie en stilte ure is vanaf 22h00.
Gaste word gevra om by die boonste hek (Nicholsonrylaan) in te gaan en by die onderste hek (Colinstraat) uit te gaan.
Alle sleepwaens moet geparkeer word in die sleepwaparkeerplek wat voorsien word.
Hou asseblief alle fietse, sporttoerusting en waardevolle items in die eenheid om diefstal of skade te voorkom.
Maak asseblief seker dat die hoofdeur altyd gesluit is sodat die wind dit nie toeklap nie.
Wasgoed en handdoeke mag nie oor die balkon of stoele gehang word nie.
Tussen 09h00 en 11h00 word die UGU aangeskakel om die Jojo-tenks vol te maak. Waterdruk kan gedurende hierdie tyd vir 'n paar minute baie laag wees.
Gesuiwerde water is beskikbaar by die gemeenskaplike kraan langs die toegangshek.
Kansellasiebeleid - Matig
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 100%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 1 week voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
63 Colin Street, Uvongo Beach, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
Sien kaart- Slaapplek vir 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang