Topiary B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié luukse gastehuis bied gerieflike akkommodasie aan gaste wat in Middelburg kom kuier. Dit is 'n uitstekende opsie vir reisigers wat na dié deel van Mpumalanga reis. Middelburg is gerieflik geleë, omtrent halfpad tussen die OR Thambo Lughawe en die Krugerwildtuin en net 'n paar uur se ry van Pretoria af.

Die gastehuis is pragtig ingerig en daar is verskeie kamers om van te kies, asook 2 selfsorg-eenhede vir langer verblyftydperke. Al die kamers het en suite-badkamers, verwarmers, elektriese komberse, plafonwaaiers en gehalte-perkallinne. Koffie- en teemaakgeriewe is in al die kamers beskikbaar en elke kamer het ook sy eie yskas, mikrogolfoond en 'n TV met sekere DStv-kanale. Bykomende geriewe sluit veilige parkeerplek, 'n wasgoeddiens, WiFi en 'n swembad in.

Topiary Guesthouse is oorkant die Middelburg Buiteklub en Gholfbaan geleë. Middelburg is bekend vir sy fauna en flora asook sy geskiedkundige en kulturele besienswaardighede. Die area is 'n toevlugsoord vir natuurliefhebbers wat hou van voetslaan, bergfietsry, visvang, kunsvlieghengel, kampeer, perdry of 4x4-roetes.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Topiary B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za