Tortilis Self-Catering Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tortilis Self-Catering Accommodation is in Myburgh Park, Langebaan, en bied top-vakansieverblyf slegs 5 minute van die strand, talle winkels, restaurante, aktiwiteite en besienswaardighede af.

Verblyf bestaan uit ’n hoofhuis wat slaapplek bied aan 6 gaste en ’n kothuis op dieselfde eiendom wat 4 gaste kan akkommodeer.

Die hoofhuis het 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en ’n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en deel die tweede badkamer.

Die kombuis is toegerus met ’n stoof en oond, yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die sitkamer het gemaklike sitplek sowel as ’n platskerm-TV met DStv. Gaste het ook toegang tot gratis WiFi.

Die Kothuis het 2 slaapkamers, elk met 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Hierdie eenheid het ’n kombuis met 'n yskas en mikrogolf, asook 'n ingeboude braai. Die eetarea het genoeg sitplek waar gaste hul etes kan geniet. Dit het ook ’n TV met DStv en gemaklike sitplekke.

Daar is ingeboude braaigeriewe in die eenhede. Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel en die huis het ’n alarmstelsel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tortilis Self-Catering Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false