Touch Of Class

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Touch Of Class bied gerieflike verblyf in 2 selfsorgwoonstelle in die Myoli Beach- en Cola Beach-area in Sedgefield. Die bestemming bied toegang tot strande waar gaste kan gaan stap of draf al die pad tot en met Buffelsbaai.

Elke woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Die twee woonstelle kan ook verhuur word as 'n eenheid en beskik dan oor 4 slaapkamers. Woonstel 1 het 'n houtvuurkaggel, gastetoilet en 'n bad in die hoofslaapkamer se en suite-badkamer. Elke woonstel het 'n ten volle toegeruste kombuis, DStv en WiFi. Elke woonstel het ook toegang tot privaat braai-areas, insluitend piekniekbanke en warm en koue buitestorte.

Daar is 'n groot balkon wat die helfte van Woonstel 1 omvou, en gaste kan die uitsig oor die woud vanaf die hoofslaapkamer, kombuis en leefarea geniet. Elke woonstel het 'n privaat outomatiese skuifhek, laserstraalsekuriteit en 'n noodknoppie. Die perseel is ook beveilig met 'n hoë elektriese omheining, Dit is aan ADT gewapende reaksie gekoppel. Daar is ook 'n privaat kluis waar waardevolle items gestoor kan word.

Die strand is 4 minute vanaf die perseel, waar gaste kan swem, branderplankry, sonbad, visvang of die sonsondergang kyk. Besoekers kan ook so gelukkig wees as om 'n suidelike noordkaper te gewaar tussen Junie en November. Daar is ook 'n strandkroeg en restaurant naby. Vroeë oggende of laat middae kan bosbokke ook gewaar word wat rond wandel verby die woonstel en daar is 'n oorvloed voëllewe. By hierdie is rustige bestemming kan die see in die agtergrond gehoor word. Die bestemming is ook ideaal om Knysna en Wildernis te besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Touch Of Class gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false