Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Touching Touws River Lodge

Spesiale Aanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 2 Mei 2024 tot 21 Mei 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Die Duin langs die N2, Pirates Creek Waterfront Village, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 R1 333 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Touching Touws River Lodge is 'n dubbelverdieping-houtselfsorghuis op die oewer van die Touwsrivier in die hartjie van Wildernis en is die ideale basis vanwaar gaste die Tuinroete kan verken. Die area is perfek vir natuurliefhebbers en is omring deur berge, riviere, mere en strande.

Die lodge is in die omheinde buurt, Pirates Creek, en het 'n mooi uitsig oor die rivier en inheemse woud wat die heuwels in die agtergrond bedek. Daar is groot grasperke waarop kinders kan speel en fietsry en gaste kan visvang en kanovaart in die rivier. Daar is 'n gemeenskaplike swembad op die perseel, asook 'n restaurant met die naam Joplin's Steak Bar Restaurant.

Die lodge het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koningingrootte-bed, lugversorging, 'n afstandbeheer-plafonwaaier en 'n balkon met 'n rivieruitsig. Die tweede slaapkamer is op die boonste verdieping en beskik oor 2 enkelbeddens en 'n plafonwaaier. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer op die boonste verdieping wat 'n reënstort, bad, toilet en 'n wasbak het. Die derde slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n dubbelbed. Die tweede badkamer is onder en h 'net reënstort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n gasoond, gaskookplaat, yskas, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en 'n toonbank toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6. Die sitarea het 'n platskerm-TV en die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar. Buite is daar 'n houtdek met sit- en eetplek. Geniet hier jou oggendkoffie of ontspan met skemerkelkies en 'n braai op die stoep met 'n uitsig oor die rivier. Daar is 'n privaat, ingeboude braai buite.

Die lodge het 'n kano vir 2 wat gaste verniet kan gebruik. Julle kan tot diep binne die Ebb and Flow Nasionale park roei en daar is ook 'n visserskajak vir 2 wat julle teen 'n ekstra koste kan gebruik.

Die lodge is 1 km vanaf die hoofstrand. Wilderness Village is 2 km ver en het baie restaurante en winkels. Aktiwiteite in die area sluit voetslaan, valskermsweef, perdry, segway-toere, canyoning, abseil, kanovaart en veerboottoere in.

Slaapplek

’n Bespreking by Touching Touws River Lodge sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 29 resensies vir Touching Touws River Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Dominique Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Jaar gelys 2

Ligging

  • Die Duin langs die N2, Pirates Creek Waterfront Village, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Touching Touws River Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
R2 000 R1 333
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 000
R2 000 R1 333
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Die Duin langs die N2, Pirates Creek Waterfront Village, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5acab3aa85167c6c12fdd0b885c1fa092983bbec888237f81b0d07a2225bcb8cbb75d80de2c9e86249fd7b3865a72d25da52?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 000 nouVanaf R1 333 per nag (plek vir 6) 29 5 1 5 Die Duin, off the N2 Pirates Creek Waterfront Village 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.995769207705 22.596544261377
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem