Toverberg Guest Houses
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 13 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Charl Cilliers-straat 4, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R960 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Toverberg Guest Houses bestaan uit 'n aantal opgeknapte huise in die stil deel van Colesberg. Colesberg is 'n oase vir die reisiger langs die hoofroetes vanaf die kus of die binneland. Hier kom die N1 en die N9 bymekaar.
In Bellstraat, 'n plek ryk aan geskiedenis, bied ons twee- en eenslaapkamer-eenhede met beperkte selfsorg-geriewe aan. Elke eenheid het 'n sitkamertjie met DStv (Hotelpakket) en 'n motorhuis of parkeerplek agter 'n sekuriteitshek (die parkeerplek is moontlik 'n bietjie knap vir reuse bakkies).
Ontbyt kan voorsien word, indien dit verkies word. Ons verblyf is kindervriendelik, en by sommige is diere welkom - mits dit vooraf so gereël is. Eetplekke, die museum en winkels is loopafstand.
Sedert sy ontstaan is Colesberg 'n bedrywige dorp, ontmoetingspunt en rusplek vir reisigers. Dit was die toegangsroete na die noorde vir jagters en fortuinsoekers - en vir diegene op pad na die kus. Vandag is dit ook die suidelike toegangsroete na die 'Xariep Toerisme Roete R58. Hierdie roete sluit Norvalspont, Gariepdam, Venterstad, Oviston en Bethulie in.
Die Colesberg-Kemper Museum met sy 19de eeuse speelgoedversameling is ook waar die UNISA Karoo Nomad Photographic Exhibition gehuisves word. Kyk veral uit na die Anglo-Boereoorlog- en Struggle-kamers. Saam met dié geskiedkundige besienswaardighede kan jy ook verskeie ander geriewe in Colesberg geniet. Die gholfbaan spog byvoorbeeld met welige groen gras en uitstekend toegeruste geriewe. Hier is ook 'n tennis- en rolbalbaan asook verskeie fiets- en staproetes, verskeidenheid soorte voëls en tipiese Karoo-sonsondergange.
Ons nooi jou uit om die dorp te besoek en te ervaar, en die hartlike gasvryheid te kom geniet.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Charl Cilliers-straat 4, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
- Gaste dink Toverberg Guest Houses het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Colesberg Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 13 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Charl Cilliers-straat 4, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom