Trail's End

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 20 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Trail's End is 'n unieke hotel wat met puik verblyf en lieflike konferensiegeriewe spog. Die hotel is in die hartjie van die beeldskone Elginvallei in Grabouw geleë. As jy avontuur en gesondheid hoog op die prys stel, sal die hotel se bergfiets- en drafroetes vir jou 'n groot bederf wees. Kom herlaai jou batterye in die pragtige natuur.

Daar is verblyf beskikbaar in 8 gastekamers op die grondvloer met aparte badkamergeriewe wat gedeel word asook 8 en suite-kamers op die boonste vloer. Die gastekamers het gedeelde dames- en mansbadkamers en daar is ook 'n rolstoelvriendelike badkamer. Die hoeveelheid beddens in elke kamer wissel na gelang van die kamer.

Enkelbeddens is standaard regdeur die hotel, maar hulle kan as koninggrootte-beddens opgemaak word waar nodig. Sommige van die gastekamers op die grondvloer bevat ook dubbelstapelbeddens. Net die beste 100%-katoenbedlinne word gebruik en die hotel voorsien ook gehalte-handdoeke vir elke gas. Al die kamers het pragtige houtvloere.

Buiten die fiets- en drafroetes spog die Elginvallei met 'n rits ander besienswaardighede en doendinge. Daar is 'n verskeidenheid wynplase, restaurante en die Cape Canopy Tour Zipline is net 10 minute se ry weg. As jy verkies om jou dag by die hotel deur te bring is daar 'n 20 m lange verhitte swembad buite in die binnehof en 'n restaurant met gesonde opsies, vars koffie en boetiekbier wat op die perseel geproduseer word. Ons bied ook gratis WiFi aan al ons gaste.

Daar is ook 'n gesondheidsentrum in die hotel met pilates-klasse op versoek, 'n fisioterapeut, 'n masseerterapeut en kiropraktisyn sodat jy nie pyne en krampe het na 'n dag vol avontuur nie. Daar is konferensiegeriewe beskikbaar vir spanbou, seminare, lesings en opleiding.

Ons het 'n 20 meter lange swembad met 2 bane wat ideaal is vir gaste wat driekamp oefen of net om in te ontspan. Ons het ook 'n konferensiesentrum wat perfek is vir oefenklinieke wat oor 'n paar dae strek, seminare of spanbousessies, Die berge bied roetes met verskeie moeilikheidsvlakke, van beginner tot meer gevorderd. Hierdie roetes is vir bergfietsryers, velddrawwers en alles tussenin.

Ons wil graag hê ons hotel moet 'n gunsteling word onder buitelug-liefhebbers en avontuurlustiges. Ons maak voorsiening vir bergfietsryers, velddrawwers, driekamp-atlete, swemmers en stappers en ons bied stylvolle en gerieflike verblyf vir wêreldklas-atlete én amateur-entoesiaste of gesinne wat lief is vir avontuur.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Trail's End gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R920 R613 per nag (plek vir 2)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 20 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za