Tramonto Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tramonto Lodge bied gerieflike oornagverblyf ná 'n lang rit deur die Kalahari. Dié lodge is 'n oase vir moeë reisigers en spog met 'n kristalhelder swembad en 'n gemeenskaplike braai-area. Elke eenheid word daagliks skoongemaak en veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n elektriese heining beskikbaar.

Tramonto Lodge bied 5 eenhede waarvan 4 selfsorg-eenhede is. Die selfsorgeenhede is toegerus met mikrogolfoonde. Elke eenheid het 'n oopplan-uitleg en bied slaapplek aan 2 tot 4 gaste. Die eenhede het dubbelbeddens of enkelbeddens. Die en suite-badkamers het elkeen 'n stort. Alle linne, handdoeke en badkamerbenodigdhede word voorsien. Die kombuisies is elkeen toegerus met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, eetgerei en breekware. 'n Stoof is in 1 van die eenhede beskikbaar. Elke eenheid beskik oor lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale. 'n Kontinentale ontbyt kan voorsien word, maar 'n tuisgebakte muffin met botter en konfyt, en gebottelde water word daagliks bedien.

Tramonto Lodge is naby 'n winkelsentrum geleë en daar is ook verskeie doendinge in die omgewing, soos wynproe en riviervlotvaart op die Oranjerivier. Gaste kan ook gerus 'n draai maak by die die Augrabieswaterval in die Augrabies Nasionale Park, die Kgalagadi Oorgrenspark met die Groot 5 en die Skilpad-natuurreservaat.

Tramonto Lodge is ideaal geleë vir besige sakelui, solo-reisigers, gesoute rugsakreisigers, adrenalien-vrate of aktiewe gesinne. Kyk hoe die son oor die Oranjerivier opkom, luister vroegoggend na die gekwetter van voëls en verkwik jou siel langs die die swembad met die reuk van braaivleisvure wat in die lug hang.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tramonto Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za