Tranquil Daydream

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tranquil Daydream is 'n selfsorghuis wat op die sekuriteitslandgoed, Leloko Lifestyle Eco Estate, in Kosmos geleë is.

Dié dubbelverdiepinghuis is gerieflik gemeubileer en het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Elke kamer het 'n dubbelbed en daar is 2 badkamers met baddens en storte.

Die leefarea het 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf en 'n groot etenstafel. Die sitkamer het 'n TV met DStv en die leefarea lei na 'n onderdakstoep. Die boonste verdieping bied 'n uitsig op Magaliesberg en oor die dam. Daar is parkeerplek in 'n dubbelmotorhuis.

Wild wei vrylik tussen die huise en die Leloko Lifestyle Eco Estate is net 2 km vanaf die waterfront met 'n groot swembad, piekniekareas met braaigeriewe, 'n speelarea met trampolien en klimraam, asook badkamergeriewe met storte. Daar is ook 'n gholfbaan by die Magaliespark Buiteklub reg langs die landgoed.

Besienswaardighede in die omgewing sluit 'n leeu- en reptielpark, kabelkarretjie met uitsigte oor die dam, nog gholfbane en verskeie restaurante in.

Slaapplek

'n Bespreking by Tranquil Daydream sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tranquil Daydream gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 350 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false