Tranquility

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Sep 2019 tot 30 Sep 2019.

Beskrywing

Tranquility is 'n selfsorgwoonstel op dieselfde perseel, maar apart van die eienaar se huis in Hartenbos. Dié kusdorp is die ideale somerwegbreek en spog met Blouvlagstrande, 'n strandfront-waterpark, fantastiese ontspanningsgeriewe en die geleentheid om walvisse, dolfyn en robbe te sien.

Hierdie tweeslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 4 gaste en het 'n privaat ingang. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster. Die leefarea het 'n slaapbank, 'n rusbankstel, TV met DStv en bied toegang tot 'n balkon met 'n braai en 'n piekniektafel. Die eenheid het 'n gasgeiser, gratis WiFi en veilige parkeerplek.

Gaste kan verskeie doendinge soos swem, hengel, bootvaart, walviskyk, seil, kanovaart, skubaduik, 4x4-roetes, perdry en voetslaan langs die Tuinroete geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Tranquility sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tranquility gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R870 R783 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Sep 2019 tot 30 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false