Tranquility B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tranquility is 'n luukse B&B in Postmasburg. Dit is gerieflik na aan die dorp en alle geriewe so dit sal aan enige gas se vereistes voldoen. Die verblyf is geskik vir beide sakereisigers en vakansiegangers.

Tranquility bied 3 individuele slaapkamers wat elk ingerig is met lugversorging en 2 gemaklike driekwartbeddens. Elke slaapkamer het ook 'n en suite-badkamer en selfsorgfasiliteite insluitend 'n mikrogolfoond, Snappy Chef en 'n yskassie. Daar is ook 'n TV met DStv in elke kamer beskikbaar. Ontbytgraan word soggens in die kamers bedien vir gaste se gerief. Rook is streng verbode in al die kamers en die kamers word daagliks skoongemaak, behalwe op naweke en openbare vakansiedae.

Veilige parkeerplek vir 3 motors is beskikbaar op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek en die perseel word ook beveilig met 'n elektriese heining vir ekstra gemoedsrus.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tranquility B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false