Tranquility Bliss

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tranquility Bliss is 'n selfsorgwoonstel in die Sand en See-kompleks in Bloubergstrand. Dit bied 'n pragtige uitsig op Tafelberg en oor Bloubergstrand en is die ideale basis om Kaapstad en die omliggende omgewing te verken. Blouberg se goue strand is ideaal vir watersport soos seilplankry en vlieërbranderry. Ander doendinge soos vierwielmotorfietsry, voetslaan, inkopies en uiteet kan ook in die omtrek geniet word.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ooppplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n bad en 'n stort in die woonstel.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die sitarea het 'n gemaklike rusbankstel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die kompleks bied braaigeriewe en veilige parkeerplek.

Slaapplek

'n Bespreking by Tranquility Bliss sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tranquility Bliss gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false