Tranquility Heights

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tranquility Heights is 'n moderne en volledig toegeruste selfsorghuis wat op 21 hektaar se pragtige fynbos lê. Dis tussen niks en nêrens, so jy sal lekker kan ontspan, maar Rooiels, Pringlebaai en Bettysbaai is net om die draai. Hermanus is ook net 40 minute hiervandaan. Dis die perfekte plek om 'n bietjie weg te kom van die stad se lawaai! Kom geniet die natuurskoon, gaan stap tussen die berge, kyk walvisse en pikkewyne, ry bergfiets of durf die see op jou branderplank aan. Jy kan ook die winkels in die omgewing gaan verken of lekker uiteet.

Tranquility Heights het 'n kombuis en opwasarea wat volledig toegerus is. Daar is ook 'n ekstra kombuisie en 'n pragtige patio buite waar julle lekker kan kuier as die wind nie te erg waai nie. Die huis het 4 slaapkamers met slaapplek vir altesaam 10 gaste, maar net 2 gaste kan ook knus hier slaap. Dis perfek vir 'n groot groep, maar ook vir 'n romantiese wegbreek vir 'n paartjie. Daar is 2 slaapkamers wat elkeen 'n en suite-badkamer het. 'n Groot stortkamer is vir die ander 2 kamers beskikbaar. Sou daar nie kinders wees nie, kan dié kamers ook as en suite-kamers dien. Kamer 1 en 2 het koningingrootte-beddens, Kamer 3 het 2 enkelbeddens en Kamer 4 het 'n stapelbed (dubbelbed onder en enkelbed bo) en 'n enkel-uittrekbed.

Die gashere hoop dat gaste regtig in rus en vrede hier kan ontspan en daarom is daar nie satelliet-TV nie. 'n TV met 'n DVD-speler is wel beskikbaar om kinders op reënerige dae besig te hou. Onbeperkte WiFi is beskikbaar, maar dit kan ook afgesit word sou gaste heeltemal van die radar af wil verdwyn.

Gaste kan op die patio sit en kyk hoe die son opkom of ondergaan en dié uitsigte sal jou regtig sprakeloos laat.

Dié pragtige huis is goed ontwerp sodat elke gas sy eie ruimte het en daar is ook lieflike uitsigte oor die see en op Kogelberg. Dit is 'n 21 hektaar-eiendom wat deel is van 'n UNESCO Wêrelderfenisgebied, die Kogelberg Biosfeer met sy pragtige fynbos. Dit is alles tot jou beskikking en dit is nêrens anders te vinde nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Tranquility Heights sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
1 x Enkelslaapbank
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tranquility Heights gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 900 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false