Transkei Akkommodasie by Transkei Beach Cottage | LekkeSlaap
+39

Transkei Beach Cottage

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plek 9, Cebe Cottages, Transkei, 4980, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Transkei Beach Cottage is 'n grasdak-rondawel wat aan die Transkei se Wildekus, 23 km oos van die Keiriviermond, geleë is. Barry, jou gasheer, woon op die perseel en is altyd daar om te help.

Die rondawel het slaapplek vir 6 mense. Die oopplan-kamer het 'n dubbelbed en 2 stapelbeddens wat stewig genoeg is vir volwassenes en die eenheid het ook 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.

Die kombuis is ingerig met 'n tweeplaat-gasstoof, yskas-vrieskas en kombuisware. Die eenheid is groen en elektrisiteit is van sonkrag afkomstig. Daar is nie kragpunte nie en indien gaste hul toestelle wil laai, moet hulle die gasheer by die hoofhuis gaan vra. Lopende water word voorsien vanaf 'n plaaslike fontein en is ook heerlik om te drink.

Daar is braaigeriewe op die perseel. Die gasheer het 'n organiese tuin op die perseel en gaste is welkom om gebruik te maak van die vars produkte wanneer dit beskikbaar is. Transkei Beach Cottage is 20 m van die strand af geleë waar gaste van sonsopkoms tot sonsondergang heerlik kan gaan stap en visvang.

Ons is troeteldiervriendelik mits jou troeteldiere goedgemanierd is en jy hulle beddegoed verskaf.

Alle bottels, blikkies en babadoeke wat gaste saambring moet saam met hul teruggeneem word omdat ons nie opruimingsgeriewe het nie. Aas moet asseblief van die visstokke verwyder word om te verhoed dat die honde dit insluk.

Slaapplek

’n Bespreking by Transkei Beach Cottage sluit in:

Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer
Plek vir 6 persone
1 xDubbelbed
2 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 12 resensies vir Transkei Beach Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Plek 9, Cebe Cottages, Transkei, 4980, Oos-Kaap
  • Gaste dink Transkei Beach Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Transkei Oos-Kaap
Vanaf R800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plek 9, Cebe Cottages, Transkei, 4980, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5bKcOgire4E5dU4uJKMPrVpuB1r7s28fZ8aLVTaPagNjleBWxx?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (plek vir 6) 12 5 1 5 Site 9 Cebe Cottages 4980 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -32.54477547795 28.56439064418
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za