Travel Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Travel Beach House is 'n moderne vakansiehuis op die strand in Gordonsbaai.Die huis het 2 verdiepings en is geleë in 'n sekuriteitskompleks. Dit spog met ononderbroke see-uitsigte en het 'n privaat hekkie wat direk na die publieke strand lei.

Die huis het 3 en suite-kamers. Daar is 2 kamers op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer kyk uit oor die see, dit het 'n balkon, koninggrootte-bed en 'n Slim-TV. Die ander kamer het ook 'n balkon wat oor die see uitkyk en koninggrootte-bed wat as 2 enkelbeddens geskuif kan word. Die derde kamer is op die grondvloer en het 'n koninggrootte-bed wat ook as 2 enkelbeddens geskuif kan word, en die kamer het direkte toegang na buite.

Die huis het ook 'n oopplan kombuis, sit- en eetkamer. Die kombuis is ingerig vir selfsorg en beskik oor 'n yskas/vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond, koffiemasjien en skottelgoedwasser vir gaste se gerief. In die sitkamer is gemaklike banke, 'n Slim-TV en lieflike uitsigte oor die see. Verder is daar lekker bordspelletjies vir gaste om te geniet.

In die kompleks is 'n muurbal- en tennisbaan, klubhuis, swembad, tafeltennis-tafel en braaiplek. Gaste het ook direkte toegang tot die strand. Kom geniet die uitsigte oo die see, ontspan op jou balkon of speel lekker op die strand. Ons is naby aan winkels, restaurante asook die groot Somerset Mall-winkelsentrum. Blue Rock is ook net om die draai, waar gaste kan ski, stap en wake board. Daar is ook verskeie kuierplekke rondom ons.

Slaapplek

'n Bespreking by Travel Beach House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Travel Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false