Walmer Akkommodasie by Treetops Guest House | LekkeSlaap
+25

Treetops Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 44 Albert Pad, , Port Elizabeth, 6065, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R720 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Treetops Guest House is geleë in Walmer, 'n stil, boomryke woonbuurt in Port Elizabeth. Ons bied 'n verskeidenheid bekostigbare en ruim verblyf-opsies wat geskik is vir elkeen se behoeftes, hetsy vir oorsese toeriste, gesinne of sakelui. Die gastehuis bied beide B&B en selfsorg-verblyf.

Elke ruim gastekamer het 'n privaat ingang en 'n en suite-badkamer. Verder is elke kamer toegerus met 'n lessenaar, yskassie, mikrogolf, verwarmer, waaier, eetgerei, breekware, komplimentêre koffie- en teemaakgeriewe, koekies, gratis WiFi en 'n groot verskeidenheid DStv-kanale. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar op die perseel.

Treetops Guest House is lekker sentraal ten opsigte van Port Elizabeth se snelweë en die lughawe. 'n Gratis pendeldiens is beskikbaar van die lughawe af indien dit vooraf versoek word. Die gastehuis is ook net 10 minute se ry vanaf Port Elizabeth se seekant, die Boardwalk Casino Complex, en talle restaurante en kroeë is maklik bereikbaar van hier af.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 12 resensies vir Treetops Guest House
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • 44 Albert Pad, , Port Elizabeth, 6065, Oos-Kaap
  • Gaste dink Treetops Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R720
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R720
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 44 Albert Pad, , Port Elizabeth, 6065, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRhOWQ5MDNiLTRiMjMtNGI0MS1hMWJmLTk4ODAzOTgzMzk1OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R720  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 5 44 Albert Road Walmer 6065 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.978408 25.607495
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za