Troutways Private Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Troutways Private Retreat is ’n kunsvlieghengel-venue 2 km vanaf Waterval Boven in Mpumalanga. Die oord hou reënboogforel aan in 4 stilstaande waterdamme, genestel in 'n vallei tussen die berge op die Oostelike plarorand.

Verblyf word in 4 selfsorg-eenhede gebied, 2 vierslaapkamer-eenhede en 2 eenhede met 2 enkelbeddens. Die eenhede is ten volle toegerus, en alle beddens is enkel- of koninggrootte.

Die plaas is baie rustig met 'n ryk voëllewe. In die aande kan 'n bok of 'n haas gesien of jakkalse gehoor word. Gaste kan by die buurplaas hengel, daar is reënboogforel en baars.

Vir die avontuurlustiges is daar doendinge soos rotsklim, abseil, staproetes, bergfietsroetes , 'n swembad en 'n rotspoel. Gaste kan in interaksie tree met die plaasdiere.

Snags kan die paddas, krieke en die wind gehoor word, en die sterre is pragtig aangesien daar geen besoedeling is nie. Die water wat op die plaas gebruik word, kom vanaf die bergfonteine, en gaste is welkom om van die huis toe te neem.

Troutways Private Retreat is troeteldiervriendelik.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Troutways Private Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za