Troutwoods Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Troutwoods Cottage is op 'n skilderagtige plaas naby Dullstroom en Belfast. Dié plaas spog met verskeie plaasdiere, wildsbokke en damme met forel.

Verblyf is beskikbaar in 'n kothuis met slaapplek vir 4 gaste en 2 klein kinders. Die kothuis het 2 slaapkamers en 'n pragtige uitsig oor die dam. Albei slaapkamers het dubbelbeddens en 2 opslaan bedjies kan vir kinders bygevoeg word. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad en 'n buitestort.

Die kombuis het 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, ketel en kooktoebehore. Daar is 'n braai-area in die sitkamer en parkeerplek op die perseel.

Daar is verskeie doeninge op die plaas, soos kunsvlieghengel, voetslaan, bergfietsry en voëlkyk, of gaste kan 'n entjie gaan ry na die naaste dorpe.

Slaapplek

'n Bespreking by Troutwoods Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 volwassenes en 2 kinders
1 x Dubbelbed
2 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Troutwoods Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za