Tshikwalo Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tshikwalo Lodge is in die Dinokeng Wildreservaat geleë. Dinokeng is die eerste wildreservaat in Gauteng waar die Groot 5 vrylik rondloop en hulle bied gerieflike selfsorgverblyf en 'n ontspanne Afrikabos-ervaring aan gaste.

Verblyf is ideaal vir gesinne, groepe of paartjies wat op soek is na 'n wegbreek uit die besige stad. Daar is 5 standaard-chalets wat ideaal vir paartjies is, 3 luukse chalets vir paartjies met klein kinders en 2 ruim gesin-chalets vir 4 en 10 gaste. Elke chalet het 'n privaat stoep met 'n braai of boma wat oor die bosveld kyk.

Die konferensie- en funksiegeriewe het plek vir 30 afgevaardigdes en 80 gaste. Ons bied aandete onder die sterre vir gaste wat dit bywoon. Die privaat raadskamer werk goed saam met die konferensiegeriewe.

Daar is ook 30 kampeerplekke met skoon en gerieflike ablusiegeriewe. Die meeste staanplekke is onder skadubome wat lekker koelte verskaf in die somer.

Tshikwalo het 'n pragtige a la carte-restaurant wat oor die watergat waar kleiner diere en die Groot 5 kom suip kyk. Die restaurant is 7 dae per week oop en hulle doen ook spyseniering vir funksies en konferensies. Tshikwalo is net 50 km noord van Pretoria en 'n uur se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Drankies ingesluit
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tshikwalo Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R380 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za