The Upper Deck

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie luukse selfsorg-suites is so te sê teen die see in Vishoek geleë, 'n voorstad van Kaapstad op die Valsbaai-kuslyn, naby al Kaapstad se besienswaardighede.

The Upper Deck is in die middel van die skiereiland geleë en minder as 35 minute se ry vanaf die belangrikste besienswaardighede, soos die V&A Waterfront, Kirstenbosch Botaniese Tuine, Chapman's Peak, die Kaap die Goeie Hoop (Kaappunt), Boulders-strand se pikkewynkolonie en die Constantia-wynplase.

The Upper Deck (voorheen Tudor House) is in 1937 vir die Hobbs familie gebou. Gedeeltes van die gebou is volgens die Tudor-styl en argitektoniese kenmerke gebou en is mettertyd omskep in 9 luukse selfsorgwoonstelle, elkeen met 'n unieke atmosfeer. 'n Tikkie van die Tudor-styl het behoue gebly - die groot houtbalke in 'n paar van die woonstelle.

The Upper Deck is op die rotse in Vishoek geleë, teen Jager's Walk (die plaaslike mense verwys daarna as die loopplank) en die spoorlyn wat 'n vakansie-atmosfeer skep. Die aantal treine wat die spoorlyn gebruik het geleidelik afgeneem en gaste dink eerder dit voeg karakter by hul verblyf by The Upper Deck, eerder as wat dit 'n ontwrigting is. Die spoorlyn is beskadig naby Glencairn en sal dus minstens 'n jaar gesluit sal wees.

Die huis front noord en die perseel is baie gesog, omdat die son in die ooste opkom en in die weste sak en dus baie son kry. Die sonsopkoms is pragtig in die winter, omdat die lug dan 'n helder oranje-kleur kry.

Noordkapperwalvisse is feitlik elke dag vanaf Julie tot November sigbaar vanaf The Upper Deck.

The Upper Deck maak voorsiening vir die mees oordeelkundige reisigers en meer as 60% van sy gaste bestaan uit gaste wat weer en weer terugkeer.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Upper Deck gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 173 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za