Turquoise Loft
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 14 Turquoise Way, Noordhoek, Cape Town, 7979, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Turquoise Loft bied selfsorgverblyf in 'n smaakvol versierde solderkamer in die voorstad van Noordhoek. Dié solderkamer is op die eienaar se woonerf. Dit word via 'n stel trappe bereik en lei na 'n houtdek.
Die goed toegeruste kombuis is met die intrapslag aan die linkerkant. Dit is vir selfsorg met 'n yskas, induksieplaat, lugbraaier, ketel en broodrooster toegerus. Die etenstafel met 4 stoele is aan die regterkant. Die koningingrootte-bed het wit perkalinne en die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n lessenaar, groot spieël en 'n haardroër. Die sitarea is in die middel van die kamer en het 'n koffietafel en 'n slim-TV met Netflix. Daar is onbeperkte WiFi. Die kamer bied 'n uitsig oor Noordhoek se strand deur die dakkamervenster.
Daar is parkeerplek op die perseel.
Daar is verskeie restaurante in die area, asook die beroemde Cape Point Vineyards.
Die trappe na die solderkamer is taamlik steil en is dus slegs geskik vir gaste wat nie beperkte mobiliteit het nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 14 Turquoise Way, Noordhoek, Cape Town, 7979, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 14 Turquoise Way, Noordhoek, Cape Town, 7979, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang