Twee Waters Gasteplaas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Twee Waters Gasteplaas is in die Kwaggastreek, net buite Patensie geleë. Die gastehuis bied selfsorg-akkommodasie op 'n sitrusplaas. Patensie is in die Gamtoosvallei, langs die Baviaanskloof Natuurreservaat geleë. Dit is ongeveer 'n uur se ry vanaf Port Elizabeth, 45 minute vanaf St Francisbaai en 30 minute vanaf Jeffreysbaai.

Die stylvolle gastehuis akkommodeer 8 gaste en bestaan uit 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n toegeruste kombuis, eetkamer, sitkamer en privaat stoep. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die derde het 'n dubbelbed. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die sitkamer. Perkallinne en handdoeke word voorsien.

Die sitkamer beskik oor 'n TV met DStv en 'n binnenshuise vuurmaakplek. Die stoep het braaigeriewe. Skoonmaakdienste is beskikbaar teen addisionele koste. In die area is daar 'n piekniekplek en vele staproetes te kies en keur.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Twee Waters Gasteplaas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za