LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Tweede Wind | LekkeSlaap
+32

Tweede Wind

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kapakbossingel 32, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R1 100 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Tweede Wind is 'n lieflike selfsorgwoonstel wat op die grondvloer van 'n huis geleë is met sy eie privaat en aparte ingang. Die woonstel bied ongelooflike see-uitsigte.

Daar is slaapplek vir 'n maksimum van 4 gaste en daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuisie, -leefarea en 'n patio. Elke slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed, 'n volle en suite-badkamer en 'n plafonwaaier. As net 2 gaste oorbly, laat weet ons gerus watter kamer julle sou verkies.

Die kombuisie is goed toegerus vir selfsorg met 'n volledige yskas-vrieskas, 'n elektriese tweeplaatstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, toebroodjierooster, broodrooster, eetgerei, breekware en toebehore, eierkoker, strykyster en -plank en 'n plafonwaaier. Daar is beperkte voorraad tee, koffie en gebottelde water.

Die gerieflike leefarea is ingerig met rusbanke, tafels, stoele, kniekombersies, 'n 50 cm-platskerm-TV met 'n volle DStv-pakket en 'n musieksentrum met 'n radio, CD- en DVD-speler. Daar is 'n versameling DVD's, boeke en speletjies vir gaste se gebruik beskikbaar. WiFi is beskikbaar, maar nie onbeperk nie.

Daar is 2 sonstoele en tuinstoele op die patio. 'n Weber word voorsien wat rondgeskuif kan word om die ideale posisie te vind. Daar is parkeerplek vir 1 gas se voertuig op die perseel agter 'n outomatiese hek beskikbaar.

'n Tweede voertuig sal in die straat parkeer moet word. Die hele gebou is toegerus met 'n alarmstelsel en die area word deur 2 gewapende reaksie-maatskappye en 'n buurtwag gepatrolleer.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 18 resensies vir Tweede Wind
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Kapakbossingel 32, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tweede Wind het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kapakbossingel 32, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAi0muOKaezq1V22zSAfbKuKw6857yWvzNeKyrzpeeFbwbMPk0yM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (vir 2 persone) 18 5 1 5 32 Kapokbos Crescent Yzerfontein 7351 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.360181175352 18.161468207764
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!