Graaff-Reinet Akkommodasie by Tweefontein House | LekkeSlaap
+16
+16

Tweefontein House

Selfsorg
  • Vanaf R4 700 per nag (vir 10 persone)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N9, , 6286, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Tweefontein House skuil aan die voet van die Lootsbergpas en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n geskiedkundige plaashuis. Dié huis spog met baie van sy oorspronklike afwerkings soos houtplafonne en sementvloere. Tweefontein House is sowat 39 km van Nieu-Bethesda en 54,7 km van die Kamdeboo Nasionale Park af.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n ruim kombuis, 2 sitareas, 'n voor- en agterstoep en tafels waar gaste buitelugetes kan geniet. Daar is 2 slaapkamers met koningingrootte-beddens en 2 slaapkamers wat elk 3 enkelbeddens het. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar.

Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, wasmasjien en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die huis het ook 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n kaggel in een van die sitareas.

Die berge in die omtrek is ideaal vir voetslaan of gaste kan voëlkyk op die nabye damwal en die rus en vrede van die Karoo inneem. Die Bergkwagga Nasionale Park is sowat 93,8 km ver op die R61 na Cradock en die Kamdeboo Nasionale Park. Besoek die Vallei van Verlatenheid sowat 72 km vanaf die N9 en Nieu-Bethesda met sy bekende Uilhuis wink ook.

Slaapplek

’n Bespreking by Tweefontein House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Ligging

  • Langs die N9, , 6286, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 700
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R4 700
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R4 700
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die N9, , 6286, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf2f9c66f4d10d2d16afdd0400bada2ee27f540551293ee29343e0cfeba056a6010537ddc1a246ed97fe2b4921463a363f6c6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 700  per nag (vir 10 persone) Off the N9 Camdeboo 6286 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -31.853033192384 24.843461288361
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za