Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Twelve Apostles Hotel and Spa

Hotel
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 154 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Victoria-weg, Oudekraal Natuurreservaat, Kaapstad, 8040, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 570 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Twelve Apostles Hotel and Spa het die meeste ure se sonlig in die ganse Wes-Kaap en spog met die allermooiste uitsigte. Dié hotel lê tussen 2 bewareas, naamlik die Tafelberg Nasionale Park met die Twaalf Apostelberge en 'n marienereservaat met 'n ononderbroke uitsig oor die Atlantiese Oseaan.

Daar is 70 kamers met see- en berg-uitsigte en al die geriewe wat jy van 'n gehalte-hotel sal verwag. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, gehaltelinne en -handdoeke, lugversorging, pantoffels, sagte japonne en 'n 24 uur-kamerdiens. Die gesinskamers bied slaapplek aan 2 kinders onder 12 jaar saam met hul ouers en daar is 2 troeteldiervriendelike suites, sodat die hele gesin met vakansie kan gaan.

Ander geriewe sluit 2 swembaddens met sonstoele in waar gaste kan ontspan. Daar is 'n verskeidenheid wandelpaadjies in die berge met pragtige piekniekplekke langs die pad. 'n Romantiese piekniek kan ook vooraf gereël word.

'n Smaaklike ontbyt met sjampanje en vars oesters word daagliks by Azure Restaurant voorgesit en die meer ontspanne Café Grill Restaurant is daagliks oop vir ontbyt of middagete, en soesji vanaf 12:30. Die meer formele Azure bied 'n uitsig oor die Atlantiese Oseaan en is ook oop vir middagete en aandete met 'n uitgebreide wynlys. Die Leopard Bar het die beste uitsig in Kaapstad en is ideaal vir skemerkelkies, boetiekbier- en gin-proe. Die gewilde High Tea by The Sea word ook daagliks hier voorgesit.

Konferensiegeriewe is vir 'n halwe dag of voldag beskikbaar, en daar is sitplek vir 50 afgevaardigdes en al die nodige toerusting.

The Spa at Twelve Apostles het 'n span gekwalifiseerde terapeute wat ongelooflike behandelings in 7 kamers en 2 berg-gazebos met asemrowende uitsigte op die berge en oor die see bied. Daar is ook 2 hidroterapie-baddens, 'n stoomkamer, reënstort en ontspanningskamer vir spa-gaste. Die filmteater het sitplek vir 16 hotelgaste en hulle kan enige tyd 'n film kyk en springmielies, lekkernye en warm sjokolade geniet.

Die hotel se unieke ligging verseker 'n ontspannende wegbreek buite die stad. Die stad se wêreldklas-aktiwiteite is net 20 minute ver en die hotel is gerieflik naby Kampsbaai geleë met strande, restaurante en die res van die skiereiland se besienswaardighede, soos Houtbaai en Kaappunt.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Nagportier
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Wynkelder
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Wynproe
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Frans
  • Portugees
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • 24-uur Kamerbediening
  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 13 resensies vir Twelve Apostles Hotel and Spa
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Victoria-weg, Oudekraal Natuurreservaat, Kaapstad, 8040, Wes-Kaap
  • Gaste dink Twelve Apostles Hotel and Spa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 570
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R4 570
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 154 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Victoria-weg, Oudekraal Natuurreservaat, Kaapstad, 8040, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAACUchJbuNdpEV78nZuT7t10eRmvBoRSOGCB9KsCVxFu6WQj72J?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 570 per nag (plek vir 2) 13 5 1 5 Victoria Road Oudekraal Nature Reserve 8040 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 11:00 -33.9835185808 18.358950912953