Tyday Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tyday Accommodation is in die hartjie van Port Elizabeth naby al die plaaslike besienswaardighede en winkels geleë. Akkommodasie beskik oor 7 selfsorg-eenhede.

Ons eenhede sal ideaal wees indien jy besig is om te trek of 'n tydjie in Port Elizabeth gaan werk. Die eenheid word weekliks skoongemaak en jou wasgoed en strykgoed kan ook gedoen word teen 'n klein ekstra fooi. Water, elektrisiteit en 'n TV met DStv in is ingesluit by die tarief. Al wat jy hoef te bring is jou eie kos en klere. Al die eenhede het privaat ingange en ons bied veilige parkeerplek agter 'n hek met toegangsbeheer.

Die ateljee-eenheid het slaapplek vir 4 gaste en het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die eenheid is ruim en privaat. Die kombuisie is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Die leefarea het 'n ingeboude braaiplek en 'n TV met DStv. Die badkamer het net 'n stort. Die eenheid het 'n privaat ingang en veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

Die grond-eenheid het slaapplek vir 4 gaste en het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die kombuisie is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Die versonke leefarea het 'n TV met DStv-kanale. Die badkamer het net 'n stort. Die eenheid het 'n privaat ingang en veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

Ons enkelwoonstel het slaapplek vir 2 gaste en het 'n dubbelbed. Die kombuisie is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Die oopplan-leefarea en -slaapkamer het 'n TV met DStv-kanale. 'n Ekstra enkelbed kan bygevoeg word op versoek. Die badkamer het net 'n stort. Die eenheid het 'n privaat ingang en veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

Die rugsakreisiger-eenheid, met slaapplek vir 1 persoon, het 'n driekwartbed. Die badkamer het net 'n stort. Daar is 'n TV met DStv, 'n privaat ingang en veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

Ons swembad-eenheid 1 het slaapplek vir 2 gaste en het 'n dubbelbed. Die eenheid het 'n privaat ingang en veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Die kombuisie is goed toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Die eenheid is oopplan met 'n leefarea en slaap-area en daar is 'n TV met DStv.

Eenheid 19 is ten volle gemeubileer en bied slaapplek aan 2 gaste. Daar is 'n goed toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond, yskas, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware en daar is 'n aparte leefarea en slaapkamerarea met 'n TV met DStv, 'n koninggrootte-bed en lugversorging.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tyday Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R450 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za