Tyger Hills Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tyger Hills Guest House is in Loevenstein, 'n luukse buurt in Bellville, geleë. Dié 3 ster-gastehuis word deur die eienaar self bestuur. Gaste kan dus geriewe, afwerking en diens van hoogstaande gehalte verwag. Dit is sentraal geleë, bied maklike toegang tot hoofweë en is dus ideaal vir sakereisigers of vakansiegangers.

Die kamers het elkeen 'n privaat ingang, kombuisie en 'n en suite-badkamer. Selfsorgverblyf is beskikbaar vir gesinne. Sakereisigers kan kies tussen selfsorg- en B&B-verblyf. Ontbyt word in die gas se kamer bedien. Elke kamer het 'n unieke uitsig, sommige van die tuin en ander weer van die swembad, berge of die stadsliggies.

Elke kamer het lugversorging en 'n platskerm-TV met satelliet-kanale. Gratis optiesevesel-WiFi is beskikbaar in die kamers. Daar is ook 'n lessenaar, studeerlampie, digte gordyne, 'n kluisie, strykyster, strykplank en 'n haardroër in elke kamer.

Veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerhek is beskikbaar op die omheinde perseel.

'n Inligtingstoonbank is by ontvangs beskikbaar vir enige navrae.

Die kamers word daagliks gediens, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. 'n Wasgoed diens is teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Die gastehuis spog met 'n plonspoel buite en 'n lapa met braaigeriewe.

Rook is verbode in al die kamers, maar daar word asbakkies in die aangewese rookareas voorsien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tyger Hills Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R920 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za