Tyger Waterfront Penthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tyger Waterfront Penthouse is in Bellville geleë en is 'n luukse selfsorg-dubbelverdiepingdakwoonstel wat volledig toegerus is. Dié woonstel kan vir 'n kort- of langtermynverblyf gehuur word en is geskik vir sakereisigers en toeriste.

Die dakwoonstel is elegant gemeubileer om gerieflike, netjiese verblyf te bied. Die dubbelverdiepingdakwoonstel het slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en beskik oor lugversorging, 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer en 'n sitkamer. Die sitkamer het skuifdeure wat na 'n patio met stoepmeubels lei met 'n pragtige uitsig.

Die tweede slaapkamer, oopplan-kombuis, -eetarea en leefarea is op die onderste verdieping. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, wasmasjien en ontbyttoonbank met stoele. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met DStv en skuifdeure wat na 'n balkon lei. Gratis WiFi is beskikbaar.

Veilige onderdakparkeerplek is vir die woonstel gereserveer. Dié kompleks het 24 uur-sekuriteit en -toegangsbeheer.

Die Tyger Valley Waterfront het 'n kombinasie van eksklusiewe-, kommersiële- en residensiële-eiendom wat in Kaapstad-Noord geleë is. Dit is om 'n ou steengroef met 'n mensgemaakte meer en waterval gebou. Dié moderne geboue langs die waterkanale is 'n groot besienswaardigheid want dit herinner gaste aan Kaapstad se 'regte' waterfront.

Slaapplek

'n Bespreking by Tyger Waterfront Penthouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tyger Waterfront Penthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za