Ufumene Game Lodge
Beskrywing
Ufumene Game Lodge is naby Alicedale in die Oos-Kaap en bied eksklusiewe verblyf. Kom kyk hoe wild in hul natuurlike habitat wei en geniet dit wat die kombuis en kelder opdis.
Verblyf word gebied in ruim suites met en suite-badkamers. Elke suite het ook 'n plafonwaaier en 'n privaat ingang.
Die lodge het 'n groot stoep met rusbanke, tafels en 'n braai-area. Daar is ook 'n swembad, boule-baan, 'n dam met 'n vlot, 'n boma, kroeg en wynkelder. Die lodge produseer groente en vrugte, vars plaaseiers en daar is 'n slaghuis. 'n Daaglikse wasgoeddiens is ook beskikbaar.
Ufumene Game Lodge bied 'n lieflike uitsig oor die dam en eindelose vlakte. Daar is ook 'n somerkombuis en 'n eetarea op die lodge se stoep. Die oopplan-saal sluit 'n kombuis, eetkamer en sitkamer met 'n kaggel in. Die wynkelder bied 'n gesellige kroeg.
Maaltye sluit braai en ander heerlike Suid-Afrikaanse, Italiaanse en Franse disse in. Engelse TV-kanale is beskikbaar.
Daar is ook 'n boek- en fliek-biblioteek. Selfoonsein en gratis WiFi is beskikbaar. Die lodge is geskik vir gesinne en bied 'n hele rits doendinge.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Wildritte
- Wildkyk
Aktiwiteite op perseel
- Perdry
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Drankies ingesluit
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Ufumene Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |