Uilhuijs

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uilhuijs is 'n goed toegeruste kothuis wat op Croft-plaas, 'n boetiek appel- en peerplaas in Elgin, geleë is.

Dis lekker ver van die stadsgedruis maar ook naby genoeg vir 'n vinnige wegbreek. Die plaas se ligging is perfek vir diegene wat die pragtige Elgin-valley wil verken, hetsy vir sy lekker wyne, bergfiestroetes, roetedraf-geleenthede of eetplekke met van die beste toerismebestemmings reg op sy voorstoep.

Dié kothuis is elegant versier en perfek vir 'n romantiese bederf of 'n lekker kuier saam met goeie vriende. Daar is 2 slaapkamers en 1 badkamer. Elke slaapkamer beskik oor 'n groot dubbelbed met knus topgehalte beddegoed. Die badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet.

Die oopplan-leefarea het 'n sitarea en 'n moderne kombuis wat goed toegerus is met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, 'n gasstoof en -oond, en ingeboude kaste met breekware en eetgerei. Ander toebehore en 'n tafel met sitplek is ook beskikbaar.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n kaggel. Die area loop uit op 'n groot onderdakstoep met stoepmeubels en 'n ruim braaihoek. Hierdie toneel word geraam met 'n poskaartmooi-uitsig oor die plaaslandskap. Daar is ook gratis WiFi in die kothuis en braaihout kan voorsien word.

Slaapplek

'n Bespreking by Uilhuijs sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uilhuijs gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za