Fouriesburg Akkommodasie by Uithoek Vakansie-oord | LekkeSlaap
+48

Uithoek Vakansie-oord

  • Kapasiteit: 313 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: S109, Uithoek Plaas, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R360 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Uithoek Natuur Park is op 'n pragtige plaas in die Oos-Vrystaat net 10 km van Fouriesburg af. Daar is 1 basiese kamer, 2 chalets met slaapplek vir 4 tot 5 gaste elk, en 'n kampeerterrein met 50 staanplekke, elk met slaapplek vir 6 gaste.

Die basiese kamer het 2 enkelbeddens en 1 stapelbed. Gaste het toegang tot moderne ablusiegeriewe, ongeveer 50 m van die kamer af. Gaste in die kamer mag die gemeenskaplike swembad gebruik.

Chalet 1 is ’n privaat selfsorg-chalet met 'n panoramiese uitsig van 180° en bied slaapplek in 2 slaapkamers, elk met 'n dubbelbed. Die eenheid het 'n kombuis, leefarea, badkamer, patio en braaigeriewe. Die chalet het ook toegang tot die gemeenskaplike swembad.

Chalet 2 is ’n privaat, afgeleë selfsorg-chalet met 'n panoramiese uitsig van 360° en bied slaapplek in 2 slaapkamers, elk met 'n dubbelbed. Daar is ’n slaapbank in die sitarea. Die eenheid het 'n kombuis, leefarea, badkamer, patio en braaigeriewe. Die chalet het ook toegang tot die gemeenskaplike swembad.

Die kampeerterrein het gras-terrasse, oorgenoeg bome wat skadu bied en nuwe netjiese, skoon badkamergeriewe. Die kampeerterrein is omring deur rotsformasies en inheemse fauna en flora. Elke kampeerplek het 'n kragpunt, kraan en braaigeriewe. Kampeerders het ook toegang tot gehalte-ablusiegeriewe en 2 gemeenskaplike lapas.

Doendinge op die perseel sluit zip-line, rotsklim, abseil, voetslaan, visvang, voëlkyk, wildkyk en 4x4-roetes in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 8 resensies vir Uithoek Vakansie-oord
Netheid
5.0/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • S109, Uithoek Plaas, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Gaste dink Uithoek Vakansie-oord het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R360
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R360
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 313 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: S109, Uithoek Plaas, Fouriesburg, 9725, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAF1EY7Ub8wKJiZFtqevHOAA3iq2LsHnzB0r1ZAqQdYau0DEN599?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R360  per nag (vir 2 persone) 8 5 1 5 S109 Uithoek Farm 9725 Vrystaat 086 999 0018 14:00-22:00 12:00 -28.543608 28.200517
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za