Uitkomst Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uitkomst Guest Farm is 37 km buite Graaff-Reinet, waarvan 9 km hiervan 'n grondpad is. Dis omring deur die Camdeboo se betowerende berge. Dit is die perfekte wegbreekplek, ver van die rep en roer van die daaglikse lewe af. Gaste kan hier ontspan en jouself verlustig aan die natuurskoon.

Hierdie lieflike, ruim gasteplaashuis met sy groot werf en tuin is ideaal vir diegene wat 'n tydjie saam met hul vriende en familie wil geniet. Kinders kan op die werf baljaar terwyl hul ouers by die braaivleisvuur kuier. Gaste kan aansluit vir 'n heerlike boere-aandete of -ontbyt, maar dit moet asb. vooraf gereël word. Braaipakkies is ook beskikbaar op versoek.

Gaste gaan tuis in 'n privaat plaashuis met 'n lieflike stoep en 'n groot tuin. Die huis bestaan uit 4 slaapkamers, 'n volledige kombuis, eetkamer, TV-kamer en 2 badkamers. Die TV-kamer is toegerus met 'n kaggel.

Gaste word aangemoedig om die plaas-ervaring te geniet deur te stap, berg te klim, kennis te maak met die diere, piekniek te hou in die veld, trekker-ritte vir die kinders te onderneem, te braai in die veld en meer.

Ons sien daarna uit om jou bekend te stel aan die stil en rustige plaaslewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Uitkomst Guest Farm sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uitkomst Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 150 per nag (vir 9 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za