Ultima Thule Cottages
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die D735, Plaas 10, Curry's Post, 3290, KwaZulu-Natal
- Vanaf R700 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Ultima Thule Boutique Cottage is op 'n klein, werkende plaas in Curry's Post en bied 'n knus skuilplekkie met 'n uitsig op die Drakensberge in die verte. Gaste kan 'n rustige en veilige toevlugsoord ver van die stad se geraas geniet. Die ligging bied maklike toegang tot restaurante in die Middellande, die Midlands Meander, die Midmardam, die dorpie Howick en die Howick-waterval.
Verblyf word in 2 kothuise gebied. Die Boutique Cottage het 'n koningingrootte-bed met 'n heerlike warm winter-duvet en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die is klein, maar goed toegerus en het sitplek vir 2 gaste. Die Land's End Cottage is 'n veilige, afgeleë kothuis vir 4 gaste en bied 'n onbelemmerde uitsig op die Drakensberge. Die kothuis is heeltemal opgedoen en beskik oor 2 nuwe slaapkamers waarvan een 'n koningingrootte-bed en een 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed het. Al die beddens het warm duvets vir koue nagte. Daar is 2 badkamers. Die eerste badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet, en die tweede badkamer het 'n groot stort, toilet en 'n wasbak.
Gaste kan afstap na die dam, gaan wandel, die uitsig bewonder, op die sonstoele ontspan of net die rustigheid geniet. Gaste mag dalk wild soos duikers, ribbokke, bosbokke of selfs 'n baba-rooikat gewaar. Gaste kan hul verkyker saambring om die voëls dop te hou, soos die swartkopwielewaal, bokmakierie, vleiloerie, janfrederik, kroonarend, piet-my-vrou, diederikkie, suidelike waterfiskaal, goudstertspeg en verskeie suikerbekkies. Luister na die geloei van die koeie en die geroep van die Natalse fisante en tarentale.
Die dorpie Howick is sowat 22 minute van ons af en bied talle winkels en eetplekke. Die Howick-waterval is baie mooi wanneer die rivier in vloed is. Ander besienswaardighede in die omtrek sluit die Nelson Mandela Capture Site, Abington Wynlandgoed en Terbodore Coffee Roasters in. Gaste by Ultima Thule Boutique Cottage ontvang ook afslag vir die Karkloof Boomtoptoere. Ons ligging is ideaal vir diegene wat een van die trouvenues in die omgewing bywoon.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Elizabeth Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 54
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Langs die D735, Plaas 10, Curry's Post, 3290, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ultima Thule Cottages het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Howick Natalse Middellande KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die D735, Plaas 10, Curry's Post, 3290, KwaZulu-Natal