LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Umbabala Bush Camp | LekkeSlaap
+20

Umbabala Bush Camp

  • Kapasiteit: 58 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm 427, , Rustenburg, 0315, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R360 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Umbabala Bush Camp is 'n selfsorg-oord op 'n wildplaas, ideaal vir natuurliefhebbers wat ekstra kostes wil uitsny.

Besoekers word aangeraai om hul eie benodighede (kos, drankies, beddegoed, handdoeke, ens.) te bring aangesien daar nie 'n kiosk op die plaas is nie. Gaste voorsien hul eie beddegoed en handdoeke, maar dit kan ook teen addisionele koste voorsien word mits dit vooraf versoek is.

Ons het 'n klipswembadjie op die perseel wat tot die gaste en die wild se beskikking is.

Umbabala is nie gegradeer nie. Elke chalet het 'n grasdak, een kamer met kombuisgeriewe (net ketel, broodrooster en 'n en-suite badkamer (slaapkamer en badkamer is 'n eenheid). Daar is ook 'n rustieke privaat braai-area.

Umbabala Bush Camp is geleë op die Wysfontein pad, 40 km van Rustenburg en 55 km van Sun City af, tussen Magaliesberg en Pilanesbeg en omring deur bosveldplantegroei.

Ons is geleë in 'n landelike bosveldgebied. Moet asseblief nie enige teerpaaie verwag nie. Die paaie hier is klipperig en stamperig - eerder geskik vir 4x4-motors. Kleiner motors kan wel gebruik word, maar dan moet mens stadiger as 20 km per uur ry om skade te voorkom.

Ons het 7 selfsorg-chalets en een gesinseenheid met 'n onderdak braai-area. Elke chalet het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens in een vertrek. Die kombuis is oorkant die beddens en daar is ook en-suite badkamers. Die privaat stoep is toegerus met 'n braai-area.

Daar is geriewe beskikbaar vir rampartytjies, familiefeeste en selfs kinderpartytjies. Spyseniering kan op versoek voorsien word. Geniet die voetslaanroetes, wild- en voëlkyk. Die wild word nie ingeperk deur heinings nie. Die beste wildbesigtiging is te voet. Perdry op versoek.

Die gesinseenheid is ideaal vir 2 gesinne (9 gaste) of groter groepe. Dié eenheid het 3 kamers. Kamer 1 en 2 akkommodeer 3 mense, het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Kamer 2 beskik oor sy eie toilet en wasbak. Daar is ook 'n ekstra aparte badkamer (bad en toilet) en kombuis. Kamer 3 het 3 enkelbeddens met 'n toilet en wasbak. Die baie informele sitkamer het 'n kaggel. Die lapa het 'n ingeboude braai.

'n Beperkte aantal waentjies en karavane kan op die perseel geakkommodeer word. Dit is ideaal vir besoekers wat daarvan hou om in die bosveld te kampeer. Die ablusieblok het 1 toilet en 2 storte.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 32 resensies vir Umbabala Bush Camp
Netheid
3.6/5
Diens
4.0/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ligging

  • Farm 427, , Rustenburg, 0315, Noordwes
  • Gaste dink Umbabala Bush Camp het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bojanala Noordwes
Vanaf R360
per nag (plek vir 4)
Vanaf R360
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 58 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm 427, , Rustenburg, 0315, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUzMWU4YjJhLTVlMjYtNDc4MC1hYjk3LTU2YTk1ZGIxYmRlMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R360  per nag (plek vir 4) 32 5 1 4 Farm 427 Moedwil 0315 Noordwes 086 999 0018 13:00-18:00 10:00 -25.653326342591 26.948376932541
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!