Umhlanga Akkommodasie by Umhlanga Cabanas | LekkeSlaap
+6

Umhlanga Cabanas

Oord
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 91, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 550 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Umhlanga Cabanas bied gerieflike selfsorgvebrlyf in die gesogte residensiële, kommersiële en vakansieoord dorp, Umhlanga, wat slegs 20 minute van Durban sentraal af is. Die oord is om die gemeenskaplike swembad en netjiese tuine ontwerp en bied geriewe vir die hele gesin.

Verblyf is beskikbaar in 2 tweeslaapkamerwoonstelle met slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders in die sitarea. Elke woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en het toegang tot 'n tweede badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 2 slaapbanke in die sitkamer geskik vir kinders onder 12 jaar. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, 'n oond, stoof en 'n mikrogolfoond. Die sitkamer het 'n TV en lei na 'n balkon.

Die oord bied 'n Jacuzzi, WiFi, 'n gemeenskaplike swembad en braai-area, 'n speletjieslokaal, 'n klimmuur, sauna, stoomkamer, putt n play, 'n hyser, pool-tafel, tafeltennis, arkade-speletjies, 'n wassery, speelkamer en doendinge vir kinders. Die ligging bied ook toegang tot restaurante, winkels, Umhlanga-strand en houtpaadjie.

Let asb. dat hierdie oord nie studentebesprekings toelaat nie. Besprekings vir Plett rage en haan- of henpartytjies word nie aanvaar nie aangesien die oord slegs vir gesinne en paartjies geskik is.

Sekere geriewe dra 'n nominale heffing vir die gebruik daarvan, maar 'n Toegangspas kan egter met inklok gekoop word vir alle gaste wat die eenheid gebruik om dit tydens hul verblyf te gebruik. Die oord bied ook gratis geriewe. Raadpleeg die ontvangs van die oord direk vir besonderhede.

Kenmerke

Swembad
Jacuzzi
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Ligging

  • Lagoon-rylaan 91, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 550
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 550
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lagoon-rylaan 91, Umhlanga, 4319, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6d9KKUyKFfZHhKetGs7P35a0R3Bc5jZNNpjdu4NEqcJYjAokp5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 550  per nag (plek vir 6) 91 Lagoon Drive Umhlanga 4319 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -29.713169943192 31.091497241734
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za