Umoja Kruger - Wildlife Without Fences

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 14 % af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 4 Mrt 2019 tot 21 Feb 2020.

Beskrywing

Umoja Kruger is 'n luukse selfsorgbos-villa vir 6 gaste met hotelgeriewe en B&B-opsies. Dis in 'n natuurreservaat wat deel is van 'n 4-ster-lodge. Dit grens aan en het uitsigte oor die Krugerwildtuin waar diere vrylik rondloop. Daar is opsionele ontbyt en aandete teen 'n ekstra koste en dit moet vooraf gereël word.

Die villa is smaakvol versier met 3 ruim slaapkamers wat elk 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en dubbelwasbak het. Al die beddens het muskietnette en daar is gaas voor die vensters. Elke slaapkamer het lugversorging, plafonwaaiers en Franse deure wat lei na die onderdakstoep reg rondom die huis. Die huis het 'n alarm en sekuriteit op die landgoed.

Daar is 'n oopplan-kombuis wat volledig toegerus is met 'n groot Amerikaanse yskas (wat gefiltreerde water voorsien), 'n vyfplaat-gasstoof en 'n oond, mikrogolfoond en koffiemaker. Die leefkamer is modern en smaakvol versier, dit beskik oor 'n groot LCD-TV met DStv, gratis WiFi, speletjies, boeke, DVD's en CD's. Groot glasskuifdeure lei na die tuin en onderdakstoep reg rondom die huis.

Die plonspoel en terras bied pragtige uitsigte oor die bosveld en die verskeie sitareas rondom die huis maak dit ideaal vir vriende of 'n groot familie wat saam reis.

Daar is 'n motorafdak vir 2 voertuie. Die groot tuin bied privaatheid en lok kleiner wild soos vlakvarke en rooibokke wat aan die plante kom knaag. Dit is 'n paradys vir
voëlkykers. Wild loop vrylik rond op die landgoed, so moenie verras wees as 'n waterbok die nag in die tuin deurbring of om nou en dan olifante of kameelperde by die dammetjie sien water drink nie.

Die landgoed het 2 swembaddens. Die randvloeiswembad het uitsigte oor die Krugerwildtuin. Daar is 'n tennisbaan, 'n uitkyktoring, 'n boma waar ontbyt en aandete bedien word en 'n boma vir 'n spesiale BushBraai-ervaring.

Die eenhede word daagliks gevee en afgestof en linne, handdoeke en hotel toiletbenodighede word voorsien. Om jou wegbreek onvergeetlik te maak, stel ons voor dat jy op ’n uitstekende wildrit in die Kruger met Craig can Nandzana-safari's gaan. ’n Privaat wildrit, (vir 4 mense), ’n volle dag, halfdag, oggend- of namiddagrit sal sorg vir lewenslange herinneringe. Wildkykers en voëlliefhebbers moet beslis 'n privaat rit oorweeg, aangesien hulle self kan besluit waarvoor om te soek en waar om te stop.

Phalaborwa is bekend as die sentrale hek van die Nasionale Krugerwildtuin, so dis die perfekte safari-bestemming in die Limpopo-provinsie. Phalaborwa is die middelpunt van wild-toerisme en 'n ideale basis om die Krugerwildtuin en die talle natuurlike-, historiese- en kulturele- besienswaardighede in die omgewing te verken.

Slaapplek

'n Bespreking by Umoja Kruger - Wildlife Without Fences sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak
  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Skuifie-projektor
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Umoja Kruger - Wildlife Without Fences gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 R2 400 per nag (plek vir 6)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 4 Mrt 2019 tot 21 Feb 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za