Umthunzi Hotel & Conference

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Umthunzi Hotel is 'n bekroonde, luukse hotel en konferensiesentrum in Umtentweni. Dit is na aan die strand en die besige dorpie, Port Shepstone. Dié moderne hotel en konferensiesentrum verwelkom vakansiegangers, sakereisigers, en diegene wat 'n venue vir geleenthede en troues soek. Ons het uitstekende uitsigte oor die Indiese Oseaan.

Verblyf word gebied in 49 "deluxe"- en gesinskamers asook 'n wittebrood-suite. Al die kamers het en suite-badkamers en is toegerus met WiFi, lugversorging, tee- en koffiemaakgeriewe en TV's met sekere DStv-kanale.

Die restaurant, South, bedien heerlike etes. Daar is buffet- en à la carte-opsies beskikbaar, afhangend van die aantal gaste in die hotel. Die Sondag Voorsnybuffet het sedert sy bekendstelling baie gewild geraak. Aandetes moet bespreek word. Die hotel het 'n swembad en swembad-kroeg. Daar is ook 'n Lantern-kroeg waar gaste 'n informele drankie kan geniet, ontspan saam met vriende of kollegas of selfs iemand kan uitdaag vir 'n potjie pool. Die terras bied panoramiese see-uitsigte en gaste kan hier ontspan en kuier of walviskyk vanaf die terras-dek met cappuccino's, heerlike kos en skemerkelkies.

Die konferensiesentrum bied vriendelike diens en aandag aan detail. Daar is 'n intieme sakekamer vir 'n klein of volledige konferensie met 'n teater-styl uitleg en sitplek vir tot 120 afgevaardigdes. Daar is 2 konferensiekamers en 'n raadsaal asook wegbreekkamers. Afgevaardigdes sal goeie diens van toegewyde personeel ontvang wat jou konferensie plesierig en produktief sal maak.

Ons is slegs 'n uur suid van Durban en dus ideaal geleë vir gaste wat graag die stad se besienswaardighede wil verken. Die omgewing self bied vele doending-avonture, gholf, visvang en voëlkyk. Die hotel is na aan gehalte gholf-, tennis-, muurbal- en rolbalbane by die Port Shepstone Country Club. Ons is ook na aan Blouvlagstrande, Wild Waters by die Wild Coast Sun, die Umtentweni Bewarea se voetslaanroete, vierwielmotorfietsritte, grondpad-fietsry en motorfietsry, avontuursport soos Zipline, brugswaai en abseil, die Oribi Gorge- en Lake Eland-natuurreservate en dan ook seesport soos skubaduik, visvang en walvis- en dolfynkyk.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Umthunzi Hotel & Conference gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 790 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za