Umuzi Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Umuzi Gastehuis in Meer En See bied luukse, ruim verblyf en uitstekende kos. Dis ook die ideale basis vanwaar gaste die area kan verken. Dié gastehuis is in 'n rustige omgewing en ideaal vir sakereisigers, romantiese wegbreke en vakansiegangers.

Die gastehuis het 5 dubbelkamers wat elk lugversorging, 'n TV met DStv en privaat badkamers het.

'n Werkarea waarin sakereisigers kan werk is beskikbaar.

Daar is veilige parkeerplek, asook 'n elektroniese hek. Daar is ook 'n sekuriteitsfirma aan diens op 'n 24/7-basis in die area.

Gaste het toegang tot 'n ruim, gemeenskaplike leefarea, eetkamer en stoep langs die swembad.

Daaglikse skoonmaakdienste is by die prys ingesluit. Ontbyt word ook ingesluit en gekookte aandete is beskikbaar teen 'n ekstra koste indien daar vooraf gereël word. Gaste kan die braaigeriewe naby die natuur, 'n swembad met opblaasballe en matras vir lekker ontspan en verskeie kaart- en bordspeletjies in die sitkamer geniet.

Spesiale pakkette vir sakereisigers is beskikbaar en kan aangepas kan word na gelang van gaste se behoeftes. Dit sluit ontbyt, aandete en middagete-pakkies in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Kantoorgeriewe
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Umuzi Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R975 R780 per nag (vir 2 mense)

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za