Umvangazi Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Umvangazi Rest is 'n plek waar jy onder die kiaatbome kan ontspan. Ons bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n huis in die Marloth Park Reservaat wat grens aan die Krokodilrivier en die Krugerwildtuin, een van die grootste wildreservate in Suid-Afrika.

Die huis het gemaklike slaapplek vir tot 8 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n solderkamer, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die twee slaapkamers is op die onderste vloer geleë en elkeen beskik oor 'n dubbelbed en lugversorging. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die solderkamer beskik oor 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer en die solderkamer maak gebruik van 'n gedeelde badkamer met 'n stort. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en 'n ketel. Die oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea bied toegang tot 'n stoep waar gaste kan ontspan en die rustige bosveld-atmosfeer kan geniet. Gaste geniet toegang tot 'n plonspoel, braaigeriewe en 'n boma. Die boonste dek is die ideale plek om te ontspan terwyl jy die uitsig geniet en kyk hoe die wild by die nabygeleë watergate vergader. Kyk uit vir vlakvarke, ape, bobbejane, bokke, sebras en kameelperde wat vrylik in die park rondloop.

Marloth Park het verskeie plekke waar jy oor die Krugerwildtuin kan uitkyk waar heelwat wildspesies gesien kan word. Die nabygeleë Krokodilrivier is die tuiste van seekoeie en krokodille. Besoekers kan die Lionspruit Privaat Wildreservaat besoek wat in Marloth Park geleë is. Daar is verskeie doendinge in en om Marloth Park. Beplan 'n daguitstappie na die Krugerwildtuin ? die Malelane- en Krokodilbrug-hekke is net 'n klipgooi weg! Geniet 'n skemerkelkie of 'n piekniek by een van die uitkykplekke aan die oewer van die Krokodilrivier of gaan speel 'n potjie gholf by die baan in Komatipoort.

Daar is 'n winkelsentrum in Marloth Park wat basiese benodigdhede verkoop en daar is 'n vulstasie, restaurant, deli, drankwinkel, wassery, hardewarewinkel, 'n bakkery en 'n slaghuis. Ontbyt, middagete en aandete kan by een van die lodges in Marloth Park geniet word of in Komatipoort.

Slaapplek

'n Bespreking by Umvangazi Rest sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Umvangazi Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za