Uniondale Manor Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uniondale Manor Guesthouse bied gerieflike verblyf in 'n opgeknapte gastehuis met pragtige geelhoutvloere en plafonne wat in die vroeë 1900's gebou is. Die gastehuis is stapafstand van die gelisensieërde Hungry Ghost Restaurant en African Aloe Cafe af.

Die verblyf bestaan uit 5 en suite-gastekamers wat smaakvol versier is. Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale wat al die sportkanale en KykNet insluit. Elke kamer het ook katoenperkallinne, elektriese komberse vir die winter, badhanddoeke en toiletware, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n haardroër, 'n sitarea en kaste. Daar is 1 selfsorgkamer met 'n aparte sitarea, 'n kombuisie met 'n yskassie en 'n mikrogolf, asook 'n draagbare braai. Dié selfsorg-eenheid het sy eie ingang en 'n veranda. 3 van die slaapkamers het elk 'n privaat sitarea buite.

Die gastehuis het 'n sitkamer met boeke, 'n eetkamer en 'n rustige tuin waar gaste kan ontspan en die voëllewe bewonder. Die gastesitkamer het ook 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is 'n onderdakarkeerplek agter sekuriteitshekke met afstandbeheer. Rokers kan die sitareas buite in die tuin benut. Die gastehuis is gerieflik naby banke en eetplekke.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uniondale Manor Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za