Unit 70 Vista Bonita

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 25 % af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 6 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Unit 70 Vista Bonita bied selfsorgverblyf in die veilige Vista Bonita-kompleks in die hartjie van Mosselbaai by Diaz-strand. Die woonstel is volledig gemeubileer en ingerig vir gemaklike selfsorgverblyf, so kom bederf jouself met 'n luukse vakansie net 'n klipgooi van die strand af.

Hierdie weelderige woonstel het slaapplek vir 4 mense en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea, asook 'n balkon wat met glas toegebou is. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed met vars, wit linne, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. 'n Haardroër, waaier en verwarmer word voorsien. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, ook met vars, wit linne. Die tweede gesinsbadkamer het 'n groot Jacuzzi-bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n dubbeldeur-yskas, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die TV-kamer is ingerig met 'n 48" LED-TV met 'n volledige DStv-pakket en 'n DVD-speler.

Die balkon is ingerig as 'n tweede sitarea met rusbeddens, 'n etenstafel en stoele en braaigeriewe. Die balkon is toegemaak met glasdeure met hortjies. Dit beteken dat jy jou gaste in alle weeromstandighede kan vermaak, terwyl julle uitkyk oor die see.

Vista Bonita bied 'n gemeenskaplike braai-area en 1 onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Daar is 'n geriefswinkel wat in al jou behoeftes sal voorsien op die onderste verdieping, asook 'n oulike kafee waar jy middagete kan geniet en 'n paar snuisterywinkels. Die eenheid is ook baie naby die strand en die waterpark.

Slaapplek

'n Bespreking by Unit 70 Vista Bonita sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Unit 70 Vista Bonita gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 530 R1 148 per nag (vir 4 mense)

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 6 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za