Sunwich Port Akkommodasie by UNTU Palms | LekkeSlaap
+215

UNTU Palms

Selfsorg
  • Kapasiteit: 182 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hoof Suidkus-weg 568, Sunwich Port, Port Shepston, 4230, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R640 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

UNTU Palms is 'n vakansie-oord vir gesinne op Sunwich Port se strandfront in Port Shepstone.

Die oord is ideaal vir gesinne en groepe van alle groottes. Verblyf is beskikbaar in chalets met slaapplek vir 8 gaste, en by die gewone, luukse of super luukse kampeerplekke en karavaan-staanplekke.

Elke chalet het 2 slaapkamers en 1 badkamer met 'n bad of 'n stort. Daar is 'n kombuis wat toegerus is vir selfsorg in elke chalet, asook 'n eetarea en 'n sitarea met 'n TV. Onderdakparkeerplek is beskikbaar.

Die kampeerplekke en karavaanstaanplekke het elk slaapplek vir 6 gaste en beskik oor kragpunte. Die gewone staanplekke het gemeenskaplike ablusiegeriewe. Die luukse en super luukse staanplekke het elk 'n privaat kombuis, asook 'n badkamer met 'n bad of 'n stort.

Die oord het genoeg speelplek vir kinders en verskeie doendinge soos 'n speletjieskamer, 'n swembad, vlugbalbaan, putt-putt-baan en daar is 'n koffiewinkel en 'n restaurant op die perseel. 'n Sekuriteitswag patrolleer die omheinde perseel. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

UNTU Palms is 80 m van die strand af waar gaste 'n getypoel sal aantref. Die strand is ook gewild vir hengel, duik, branderplankry en waterski. Gaste kan die Oribikloof besoek om te abseil, voetslaan of reksprongswaai.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Hoof Suidkus-weg 568, Sunwich Port, Port Shepston, 4230, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R640
per nag (plek vir 6)
Vanaf R640
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 182 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hoof Suidkus-weg 568, Sunwich Port, Port Shepston, 4230, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaO6xpkWrWEUzAPLfBkpXoZJ5lry554BXco8zw4SPvLtJ7wtELV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R640  per nag (plek vir 6) 568 Main South Coast Road Sunwich Port 4230 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -30.667299547562 30.512458712303
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za