Hermanus Akkommodasie by Upmarket Seaside Cottage in Prime Location | LekkeSlaap
+90

Upmarket Seaside Cottage in Prime Location

Selfsorg
  • Vanaf R1 275 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteaweg 12, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12

Beskrywing

Upmarket Seaside Cottage in Prime Location is in die tweede ry van die strand af in die rustige enklawe van Roman Rock. In die oostelike rotskant van Hermanus, langs die kranspaadjie, is die kothuis minder as 1 km van die see se getypoel af. Die kranspaadjie is bekend vir skilderagtige kuswandelinge en walviskyk.

Verblyf word in 2 slaapkamers in die noorde gebied, met ruim en suite-badkamers. Elke badkamer het 'n bad, 'n reënstort met 'n handdoekreëling en 'n dubbel of groot Victoriaanse wasbak. Daar is luukse gebottelde seep, sjampoe, hand- en strandhanddoeke. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed met fyn Egiptiese- en perkallinne, 'n staanwaaier, Amerikaanse luike, gemaklike elegante sitplek, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, 'n koffietafel en 'n lessenaar. 1 slaapkamer het 'n oop kaggel.

Die leefarea is tussen die 2 slaapkamers en het 'n rusbank, 'n klein eetkamertafel met sitplek vir 4, en klein spysenieringsgeriewe met 'n yskassie, mikrogolfoond, koffiemasjien, broodrooster en ketel, breekware en eetgerei. Die leefarea lei via skuifdeure na 'n tuin met sonstoele, 'n dek met 'n pergola en 'n tafel buite vir 8. Daar is ook 'n draagbare braai.

Die aparte kombuisie is slegs toeganklik wanneer albei slaapkamers bespreek word. Die kombuisie het 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei en breekware, 'n dubbele wasbak, sowel as 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Daar is veilige parkeerplek vir motors en of bote agter 'n afstandbeheerde hek. Veilige stoorplek vir fietse is ook beskikbaar..

'n Kenmerk van die kothuis, is die bekoorlike omgewing in 'n rustige privaat tuin vir gaste, met sonstoele onder die koelte van groot bome, beskerm teen die meeste wind en beskerm deur die beste veiligheidsmaatreëls.

Die kothuis is gewild omdat dit 1 km vanaf die belangrikste besienswaardighede is, insluitend die ou hawe, museum, mark, kroeë, oulike dorpswinkels, welstandgeriewe en 'n verskeidenheid restaurante.

Blouvlagstrande, voetslaanroetes teen die berg op en bekende wynkelders is 'n kort entjie se ry. Besoekers aan Hermanus kan visvang, watersport by talle strande in en om die dorp beoefen,asook valskermsweef en gholf speel op 'n 27-putjie-gholfbaan.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits
  • Zoeloe
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Proteaweg 12, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 275
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 275
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 275
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteaweg 12, Eastcliff, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA90dfa39bdd0d83587d32032f6922ce5d81d9c0a8fad059880b0a18bed8d1637cd0611bc2bde4f95a165496baf28695127900?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 275  per nag (vir 2 persone) 12 Protea Road Eastcliff 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.415900815287 19.248095245678
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za