Upper Road 46

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Upper Road 46 is in die Weskusdorpie Yzerfontein geleë en bied puik verblyf wat ideaal is vir 'n groot gesin of groep vriende. Die huis het lieflike see-uitsigte oor die Atlantiese Oseaan vanuit die sit- en kombuis-area.

Hierdie dubbelverdiepinghuis het 4 slaapkamers met 4 en 'n halwe badkamers, 'n ruim oopplan-kombuis en -sitarea met 'n kaggel in die leefarea. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het dubbelbeddens en die derde en vierde slaapkamers het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n skottelgoedwasser en wasmasjien in. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv-koppelpunt. Gaste moet asb. hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring.

Daar is veilige parkeerplek langs die huis. Die balkon het buitemeubels en braaigeriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Upper Road 46 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Upper Road 46 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 700 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za