Scarborough Akkommodasie by Urchin Cottage | LekkeSlaap
+27
+27

Urchin Cottage

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hill Top-straat 145, Scarborough, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap

Beskrywing

Urchin Cottage bied lieflike, gerieflike selfsorgverblyf teen die berg by Scarborough. Dié kothuis is kunstig en kleurvol versier, en spog met 'n pragtige uitsig oor die see.

Urchin Cottage het slaapplek vir 6 gaste op 2 dubbelbeddens en 2 enkelbeddens. Die badkamer beskik oor 'n stort, bad, wasbak, en toilet, en daar is 'n gaste-toilet, en 'n buitestort met warm en koue water. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, yskas, skottelgoedwasser, ketel, broodrooster, mikrogolf, wasmasjien, en 'n tuimeldroër. Daar is boeke en speelgoed vir kinders. Mens kan die uitsigte vanaf die balkon en die interieur bewonder. Die eiendom is omhein en daar is parkeerplek agter 'n hek op die perseel.

Gaste kan lekker onder die Melkhoutboom met sy ingeboude bankie en vuurmaakplek braai. Scarborough-strand is ook net 'n entjie se stap van hier af.

Doendinge in die omgewing: branderry, seilplankry, vlieërbranderry, kreefduik, sonbaai, en stap in die berg.

Heerlike koffie, etes, musiekvertonings, 'n deli, bakkery, en WiFi is by die Hub Cafe en Camel Rock Restaurant beskikbaar. En gaste kan gerus ook 'n draai maak by Kaap die Goeie Hoop Natuurreservaat en Kaappunt.

Slaapplek

’n Bespreking by Urchin Cottage sluit in:

Dubbelbed
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Area 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Swembad
Jacuzzi
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Urchin Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Hill Top-straat 145, Scarborough, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Urchin Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 6)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R1 700
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hill Top-straat 145, Scarborough, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKALET7yr3TruOYkV41PHVNq1Ddi6WBXEMi1w3iXPx3MGZbbHQB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 700  per nag (plek vir 6) 1 5 1 4.8 145 Hill Top Street Scarborough 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.194181125776 18.374109271164
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za