Utara Wildsplaas
- Kapasiteit: 22 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Utara Wildplaas, Grootvallei, Naboomspruit, 0560, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Utara is omtrent 3 km vanaf Naboomspruit, Mookgophong in Limpopo. Dit is slegs 1 en 'n half uur se ry vanaf Pretoria en 2 ure se ry vanaf Johannesburg. Die plaas is die tuiste van 'n groot verskeidenheid wild, insluitend kameelperde, koedoes, rooibokke, sebra's, swartwitpense, njala's, rooihartebees, rietbokke, vlakvarke en vele meer.
Ons bied gerieflike, skoon en goed toegeruste selfsorg-akkommodasie, sowel as braaigeriewe en 'n swembad. Ons het tans 7 ten volle toegeruste eenhede beskikbaar.
Wat die plaas nog meer spesiaal maak is die feit dat dit oorvleuel met 'n deel van die Nylsvley seisoenale vloedvlakte. Die vloedvlakte bestaan uit riet- en grasvlaktes en word omring deur akasia-bosveld. Die plaas is dus 'n lushof vir voël- wildspesies. Meer as 370 wildspesies is al in die gebied identifiseer.
Mookgopong wat voorheen as Naboomspruit bekendgestaan het, is 'n bekoorlike dorpie aan die voet van die Waterberg. Dis 'n bekende vakansiedorpie met warmwaterbronne, lekker weer regdeur die jaar, natuurreservate en bosveld-oorde wat altyd tientalle toeriste lok.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Utara Wildplaas, Grootvallei, Naboomspruit, 0560, Limpopo
- Gaste dink Utara Wildsplaas het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 22 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Utara Wildplaas, Grootvallei, Naboomspruit, 0560, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom