Utopia Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Utopia Guest House bied B&B-verblyf en is in Akasia in Gauteng geleë. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby 'n verskeidenheid geriewe.

Ons bied 9 ruim slaapkamers, elkeen uniek gemeubileer en versier. Die kamers beskik oor 1 enkel-, koninggrootte- of 'n koningingrootte-bed. Die kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n bad of stort. Die geriewe in die kamer sluit 'n plasma-TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi, lugversorging, 'n haardroër en komplimentêre toiletware, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in.

'n Heerlike ontbyt word soggens in die eetkamer bedien en die gastehuis het 'n sonterras en braai-area, 'n buite-swembad en warmbad binne, vir jou gebruik. Daar is ook 'n kroeg op die perseel waar jy kan ontspan met 'n skemerkelkie. Ander geriewe is 'n gemeenskaplike kombuis en 'n wasgoeddiens. Ons bied ook pendeldienste na en van die lughawe of na private aangeleenthede.

Daar is gratis parkeerplek vir jou motor. Ons is na aan 'n verskeidenheid groot winkelsentrums, die Akasia Privaat Hospitaal en die industriële areas, klinieke, skole, gholfbane en Sun City is slegs 'n uur se ry van ons af.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Utopia Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R742 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za