Uvongo Cabanas 04B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uvongo Cabanas 04B is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Uvongo. Dié kompleks is naby Uvongo se swemstrand en ander besienswaardighede in die area.

Dié grondvloerwoonstel het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n plafonwaaier, 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 'n tripelstapelbed met 'n enkelbed bo en 'n dubbelbed onder. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n stort.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, en 'n mikrogolfoond. Die sitarea het 'n TV met DStv. Daar is nie 'n koppelpunt vir Explora-dekodeerders nie. Die leefarea lei na 'n klein balkon met 'n ingeboude braai-area en 'n beperkte see-uitsig.

Neem asb. kennis dat partytjies, geraas, harde musiek en ekstra gaste nie toegelaat word nie.

Die kompleks bied veilige parkeerplek vir voertuie. Dit is 6 km van die Hibiscus Mall en restaurante af, en net 'n entjie se ry vanaf ander geriewe in Margate en die Shelly Beach-omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Uvongo Cabanas 04B sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Tripelstapelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uvongo Cabanas 04B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R786 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za