Uvongo Akkommodasie by Uvongo Cabanas 9A | LekkeSlaap
+26

Uvongo Cabanas 9A

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Colinstraat 69, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Uvongo Cabanas 9A bied selfsorgverblyf in 'n woonstelkompleks in die kusdorp, Uvongo. Die kompleks is net 'n kort entjie se stap van die strand en die winkels af.

Dié grondvloerwoonstel is ten volle gemeubileer en bied slaapplek aan 6 gaste. Dit beskik oor 3 slaapkamers en 1 badkamer wat gedeel word. Die eerste en tweede slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die badkamer het 'n bad en 'n stort.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas-vrieskas, 'n stoof, oond, mikrogolfoond en 'n ketel. Ekstra geriewe sluit 'n braai-area, TV, DStv, 'n wasmasjien en onderdakparkeerplek vir 2 voertuie in.

Besienswaardighede in die omtrek sluit Uvongo se strand, St Micheals on Sea se strand, Riverbend Krokodilplaas, Skyline Natuurreservaat en Hibiscus Mall in.

Slaapplek

’n Bespreking by Uvongo Cabanas 9A sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir Uvongo Cabanas 9A
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Colinstraat 69, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Uvongo Cabanas 9A het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 7)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Colinstraat 69, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA81335d4a2c380475fa6401b3351b36012e80104df5ba732b2c05aa0fb53d5e1c6fc7814e0e092ae99ed81cd94919d11755a2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 7) 3 5 1 5 69 Colin Street Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 12:00-14:00 09:00 -30.832614904796 30.397753715515
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za